top of page

Gedagte vir Vandag

Maandag, 6 Januarie 2026

Koos Espach



 

Ons vakansie is verby en ons nooi u vriendelik uit om van môre af weer saam met ons verder te reis deur die Woord van die lewe en wel met Paulus in sy “Brief aan die Romeine.”

 

Ons gebed is dat elke E-Kerk leser se jaar gevul sal wees met Goeie Nuus, onoortreflike seëninge en gulde geleenthede om die regte keuses te maak – keuses vir Christus.

 

 

 

Gebed: Hemelse Vader, hier in die begin van ‘n nuwe jaar, wil ek al my vrese voor U voete kom neerlê. U weet reeds van elkeen van hulle. Vergewe my dat ek nog vir soveel dinge bang is al weet ek so goed dat dit heel onnodig is omdat ek vir U by my het. Dankie dat ek opnuut aanspraak kan maak op U beskerming, U krag en U alomteenwoordige liefde. Dankie dat U elke oomblik by my is, dat U my hand vashou as ek bang is en my bewaar teen die aanslae van die lewe. Here, ek los nou al die dinge waarvoor ek bang is by U. Ek lewe in hierdie wêreld reeds deur U liefde – en daardie liefde van U maak bangwees vir altyd onnodig. Amen.

 

As jy van iemand weet wat ook baat kan vind by hierdie dagstukkies, stuur asseblief hulle name en selnommers na 071 682 7485 en ons plaas hulle met liefde op ons adreslys.

 

“Oorgee – Omgee – Uitgee”

 

Jesusliefde, vreugde en vrede vir 2025.

 

Shalom - Mooi loop - Koos en Renette Espach namens NG Fochville-Noord Gemeente

 

Commentaires


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page